Weekly Newsletter

28 September - 6 October 2026

Congratulations to Our Matric Council & Executive Committee

Baie geluk aan ons Matriekkameraad en Uitvoerende Komitee

We proudly celebrate the newly elected Matric Council & Executive Committee for 2026 / 2027. Your achievement reflects commitment, character, responsibility and the courage to lead.

Ons vier met trots die nuutverkose Matriekkameraad en Uitvoerende Komitee vir 2026 / 2027. Julle prestasie weerspieël toewyding, karakter, verantwoordelikheid en die moed om leiding te neem.

Matric Council Executive Committee 2026 / 2027
Matric Council Executive Committee 2026 / 2027
Matric Council Executive Committee 2026 / 2027

Lead with Purpose. Serve with Integrity. / Lei met Doelgerigtheid. Dien met Integriteit.

To our future leaders: may this opportunity shape you into young people who lead with humility, speak with courage and act with integrity. Leadership is not measured only by a title, but by the positive difference you make in the lives of others. May you inspire your peers, protect the values of our school and leave a legacy that will be remembered with pride.

Aan ons toekomstige leiers: mag hierdie geleentheid julle vorm tot jongmense wat met nederigheid lei, met moed praat en met integriteit optree. Leierskap word nie slegs aan ’n titel gemeet nie, maar aan die positiewe verskil wat julle in ander se lewens maak. Mag julle jul medeleerders inspireer, die waardes van ons skool beskerm en ’n nalatenskap laat waarop ons met trots kan terugkyk.

Character
Karakter
Opportunity
Geleentheid
Respect
Respek
Presidents will be announced at the Award Evening in October 2026.
Die presidente sal tydens die Toekenningsaand in Oktober 2026 aangekondig word.

We wish every member of the Executive Committee a meaningful and successful leadership journey.
Ons wens elke lid van die Uitvoerende Komitee ’n betekenisvolle en suksesvolle leierskapreis toe.

Dien en Oorwin!
Back to the Top